Tannie Trixie se tips

Tannie Trixie se tips

Tannie Trixie se tips

Ai tog mense, uiteindelik kan ons bietjie stap en beweeg weer. Ja, dis net van 06:00 tot 09:00, maar dis so lekker. Ek en Gysie stap nou sommer elke oggend lekker vroeg. Alles het goed gegaan totdat ons buurvrou ons vra om haar reuse groot brak ook saam te vat. Sy het onlangs ’n heupvervanging gehad en kan nie self stap met die dierasie nie.

Nou ja, Gysie sê toe sommer dadelik ja en daar gaat ons, sommer die volgende oggend al. Gysie het die grote hond in die harnas ingekry met ’n gesukkel, en effens bekommerd oor die stappie met die hond, het ons weggespring. Alles gaan toe baie goed. Ek geniet elke oomblik, die hond gee vir Gysie geen probleme nie, en ons stap te lekker. Naderhand is ons heeltemal gemaklik en Gysie sê hy gaan sommer die hond permanent saamvat vir elke stappie.

Dis net toe dat die Hadeda besluit om ons te kom pla. Voor in die pad kom die groot voël aangestaan, maar ons dink niks daarvan nie, hy sal mos padgee vir ons. Maar nee, die hadeda storm reguit op Gysie en die hond af. Die hond word nie kwaad nie, hy probeer nie die simpel ding byt nie, nee, hy word bang en kruip al agter Gysie se bene in. My arme man val amper om, en met moeite kom ons verby die hadeda en stap voort. Ons albei, en seker die hond ook, is effens ontsenu deur die eienaardige gedrag van die voël. Ons begin net weer ritme kry toe kom die hadeda van agter af verby gevlieg, gee ’n klipharde skel skree reg bo ons koppe en gaan land voor ons in die pad. Ons gaan staan doodstil. Iets is nie lekker nie. Wat kan dan fout wees met die langsnawel om so aggresief op te tree?

Ons is so uit die veld geslaan dat ons nie oplet hoe die hond reageer nie. Die volgende oomblik hoor ons net ’n benoemde tjank. Die arme grote hond kry toe ’n totale psigiese ineenstorting, hy spring vir die naaste bos en ruk arme Gysie heeltemal van sy voete af. Gysie val kliphard neer op die teerpad, jy sien net blare trek en die aarde dreun skoon. Die hond is uit sy harnas en lê en tjank saggies dog desperaat onder ’n Verbleikblombos. Die hadeda staan by Gysie en maak eienardige kraakgeluide, en ek staan geskok doodstil. Uiteindelik het ek Gysie opgehelp, albei sy knieë potblou, sy heup pimpel en pers, en sy ego totaal en al vermorsel. En waaragtig, die hadeda is nogsteeds nie klaar nie. Mense maar ek vererg my-ek gryp sommer Gysie se loopstok en storm die hadeda soos ’n All Blacks rugbyspeler. Die hadeda skrik hom amper dood en vlieg weg met ’n laaste paar gille. Dit vat ons toe nog 10 minute om die hond tot bedaring te bring, en nog 5 minute om hom terug in sy harnas te kry. Ons stap nou nie meer met die hond nie.

 

Tip-Die diere is onvoorspelbaar, verwag vuurwerke.


React

Share

Comments


Trending News

About Tame Times

Tame Communications (known as tameTIMES) was established in 1997. This long-established popular community title includes the key shopping centres:  Alberton City, Mall...

Get in Touch