tame Times Fresh Approach to local news
Glendower
Glendower
Yoti Die Griekse Boertjie Sterf

Yoti Die Griekse Boertjie Sterf

Die bekende Afrikaanse sanger, Yoti ,  is Donderdag aand dood aan die Covid-19 virus. Manie Jackson, wat jare lank ‘n baie goeie vriend van Yoti was, het die nuus Vrydagmiddag op sy Facebook gedeel nadat hy bevestiging van Yoti se suster gekry het.

“Dit was ‘n groot skok vir my.  Ons het twee dae gelede nog gesels en Yoti was só positief.  Hy het gesê hy ontvang goeie behandeling.”  Die 71-jarige Yoti was al reeds die 21ste Junie in die hospitaal opgeneem.  Hy moes ses ure in ‘n ambulans wag aangesien hospitale in Alberton reeds vol was.  Hy moes daarna in die hospitaal bly om aan te sterk as gevolg van skade aan sy longe.



Jackson en Yoti het ‘n hegte vriendskap gehad en Jackson beskou Yoti as sy mentor.  “Ek het nog as ‘n 18-jarige by hom vir raad gaan aanklop. Ek het by die Loizos-gebou opgedaag en nog op ‘n kasset vir Yoti gesing, vandaar het sy deur altyd net vir my oopgestaan.”  Jackson het vir ‘n wyle Yoti se klank behartig en voorafvertonings gedoen.  Later, toe Jackson self bekend was, het Yoti altyd kom groet en Jackson ondersteun as hy in die Alberton omgewing opgetree het.

“Hy was een van daardie ordentlike mense.  Hy het nie kwaad geword as iets verkeerd loop by ‘n vertoning nie, hy was altyd net vriendelik en dankbaar.”



Yoti, ‘n bekende in Alberton, het in die 80’s en 90’s bekendheid verwerf met sy unieke styl.  Hy het Afrikaanse liedjies gesing in ‘n Griekse styl.  Sy vertonings was lewendig en kleurvol, en Yoti sou sommer ‘n ander uitrusting vir elke liedjie aantrek.  Sy eie komposisie, Die Wit Angelier, was drie weke lank bo-aan die Afrikaanse treffersparade.

Die musiekpromotor Lydia Winchester, wat Yoti se skakelbeampte by die Decibel-platemaatskappy was, het gesê dat Yoti die dierbaarste mens was wat sy geken het.  Winchester was self in die hospitaal onlangs as gevolg van Covid-19, en het ook gesê die verlies van verskeie sangers en legendes in die musiekbedryf is baie moeilik om te verwerk.

“‘n Mens onthou die klein goedjies van Yoti.  Ek onthou hoe hy altyd vir my ‘




React

Share

Comments


Trending News

More News

About Tame Times

Tame Communications (known as tameTIMES) was established in 1997. This long-established popular community title includes the key shopping centres:  Alberton City, Mall...

Get in Touch