Simoné Pretorius deel goeie nuus

Simoné Pretorius deel goeie nuus

Akrise Simoné Pretorius en haar man, Andries, het gister aangekondig dat sy swanger is met hulle eersteling.

Simoné het die nuus gister op sosiale media gedeel met ‘n klomp sonar fotos.  Daar was ook ‘n video op Instagram waar Andries ‘n speelpakkie vashou.

“Woorde is nie genoeg om ons euforie te beskryf nie.  Dit is die grootste droom wat vir ons bewaarheid is” het Simoné by die fotos geskryf.

“Elke beweging wat ek maak, word met ‘n akute bewustheid van jou teenwoordigheid.  Elke kykie na jou gesig bring my op my knieë.  Die lewe begin in die baarmoeder en God is gewer van lewe.  Ons is oorweldig deur die perfeksie van Sy tydsberekening en hoe onverdiend ons is van hierdie genade”

Die baba sal in Mei volgende jaar sy of haar opwagting maak.  Die geslag van die baba is nog nie bekend gemaak nie.

Simoné is bekend vir haar rol as Nadia in die SABC-2 sepie 7de Laan.  Sy was ook te siene as die huwelik-sku Irma Humpel in die rolprent Vir die voëls.  Op KykNET se sepie Binnelanders was sy gesien as suster René Spies.

Simoné en Andries is Februarie verlede jaar getroud.


React

Share

Comments


Trending News

More News

About Tame Times

Tame Communications (known as tameTIMES) was established in 1997. This long-established popular community title includes the key shopping centres:  Alberton City, Mall...

Get in Touch