tame Times Fresh Approach to local news
Glendower
Glendower

Tag: Dalene Matthee

Toorbos the movie / die fliek

A young woman is uprooted during the time of the last forest inhabitants of South Africa’s Knysna Forest in the 1930’s.  When she gets involved in an intimate relationship with an urban man, her forest background becomes an obstacle.  Karoliena is coaxed into marriage, experience the realities of progress, the power of money, the oppression of nature, and what it will take to stay true to herself.

The spirit of the magical place, Knysna, is superbly captured in Toorbos, the latest adaptation of Dalene Matthee’s work.  It took eight years to finish the movie since director and scriptwriter Rene van Rooyen first read the book.

Set in the 1930’s, Toorbos examines the lives of poor South Africans living in the Knysna woods through the eyes of Karoliena Kapp.  She is torn between her independence and love for the woods, and the safety and comfort of a life with her soon-to-be-husband, Johannes Stander.

Toorbos isn’t just an expensive advertisement for the Garden Route.  It is a slow meander through our country’s history.  Afrikaner identity and the romance of not only the human heart but also the sometimes abusive relationship that humanity has with nature.  It is the sort of film you can lose yourself in, and is a must-watch in the darkness of the cinema where you can’t be distracted by the unnatural world that surrounds us today.

Resensie deur Roelof Bezuidenhout

In Toorbos ontmoet ons die mooie Karoliena Kapp (fenominaal gespeel deur Elani Dekker), ‘n arm meisie wat in die Knysna bos grootgeword het in die tyd toe die laaste bosbewoners nog daar gewoon het. Haar pa is oorlede toe sy net sewe was en saam met haar geharde ma, Meliena (Ira Blanckenberg), het die bos hul enigste toevlug geword. Kort voor lank vra Johannes Stander (met ‘n sekere sjarme deur Stiaan Smith vertolk), wat self in die bos gebore is, haar om te trou. Hy het intussen homself as ‘n suksesvolle sakeman in die dorp gevestig, en dit blyk of sy boslewe ver in die verlede agtergelaat is. Maar vir Karoliena is dit nie so maklik nie. Boomsap vloei nog sterk in haar are, en sy verlang vinnig ‘huistoe’. Die regering het egter planne om van al die bosinwoners ontslae te raak, en Karoliena se hart word behoorlik vasgevang tussen die boom en die bas – tussen stofpad en teerpad. Soos die res van die woudbewoners verplaas word moet sy vinnig en ernstig besluit waar, en saam met wie, haar toekoms lê.

Toorbos is een van Dalene Matthee se vier bosboeke, en terwyl Kringe in ‘n Bos en Fiela se Kind baie meer bekend is, en albei ook al in films omskep is, het hierdie storie óók nou nuwe lewe gekry. Die draaiboek is verwerk deur René van Rooyen, wat ook vir die puik regie verantwoordelik was. Die rolverdeling (asook die filmspan) bestaan uit veterane – elkeen met sy of haar eie rits filmkrediete en toekennings agter die blad, maar dis nuweling Elani Dekker as Karoliena wat die kollig steel. Met haar groot, onskuldige oë, en haar bos-aksent (waaraan sy drie maande lank gewerk en geskaaf het) kry sy dit reg om die “toor” in Toorbos te sit. ‘n Mens kan amper nie glo hoeveel emosie sy kan ontlok juis sónder om emosie op haar gesig te wys nie. Gretschen Ramsden as Hestertjie, Karoliena se beste vriendin, asook ‘n kort, maar kragtige verskyning deur die bekende akteursegpaar Lida en Johan Botha, het ook vir my uitgestaan, terwyl die rolle van Miss Macmaster (Clare Marshall), Bothatjie (Ivan Abrahams) en Meliena Kapp (Ira Blanckenberg) net so goed vertolk is.

Oorspronklike musiek deur Andries Smit sorg vir ‘n ekstra dimensie en gee nie net die fliek in geheel nie, maar veral die bos, lewe – soveel so dat jy die bome hóór asemhaal. Aangesien dit in die 1930’s afspeel, was die werk van die produksieontwerper, grimeer- en haarkunstenaar en kostuumontwerper veral belangrik, en hulle het nie teleurgestel nie.

Hoewel die storie hoofsaaklik oor ons heldin handel, en oor haar soeke na innerlike vreugde, vrede en geluk, is daar ‘n ander fasset wat ook vir my uitstaan as ‘n deurlopende tema, en dit word mooi opgesom in die woorde van Bothatjie in sy gesprek met Karoliena: “Ek het kom dink oor wat om te doen… oor die wêreld so deurmekaar is.” Dis dalk goed om daaraan herinner te word dat die wêreld nog altyd deurmekaar was – vir elke generasie op sy eie manier. Ek wonder nogals wat Bothatjie vandag daarvan sou sê?

Toorbos het ‘n baie stadige pas en dit kan hier en daar langer voel as wat dit is. Die produksie het my egter ook herinner aan ‘n feëverhaal, met Karoliena as die bosnimf opsoek na haar prins, maar in Afrikaans. So as jy lus het (of nodig het) om na ‘n ander wêreld, lank, lank gelede te ontsnap, is Toorbos nét die regte medisyne.

About Tame Times

Tame Communications (known as tameTIMES) was established in 1997. This long-established popular community title includes the key shopping centres:  Alberton City, Mall...

Get in Touch