Local News Laerskool Randhart se Jerusalema

Local News Laerskool Randhart se Jerusalema

Laerskool Randhart bekoor inwoners by die Mall at Newmarket met die Jerusalema-dans

Die leerlingraad van Laerskool Randhart het op 10 Oktober 2020 by die Mall at Newmarket hulle baadjies uitgetrek en dansskoene aangetrek op die ritme van die Jerusalema-dans.

“Laerskool Orion het die Jerusalema-uitdaging gerig en die Ranties staan nooit terug vir enige uitdaging nie,” sê Ty Ax, hoofseun van Laerskool Randhart, wat die “flashmob” aangehits het.

Die leerlingraad het hierdie wêreldwye neiging met oorgawe aangegryp en hulle gesinchroniseerde en passievolle bewegings het ʼn energieke atmosfeer in die winkelsentrum geskep.

Ramkat, die Ranties se gelukbringer, het saam geskoffel terwyl hy lekkernye aan verbygangers uitgedeel het.

“Die Ranties het die Jerusalema-uitdaging aanvaar en dit gebruik as ʼn nuwe innoverende bemarkingsmiddel.  Ons weet dat die gemeenskap waarin ons funksioneer, deel uitmaak van die skoolomgewing,” sê me. Gerber, trotse skoolhoof van Laerskool Randhart.

Groot dank aan Mall at Newmarket wat ons toegelaat het om vreugde te saai te midde van die talle uitdagings in 2020.

Die Covid-19-pandemie herinner ons aan die broosheid van ons lewens en dat dit geloof en hoop is wat ons saambind.  Die lirieke, Jerusalema ikhaya lami, beaam beslis hoe die Ranties voel: Suid-Afrika is ons tuiste.


React

Share

Comments


Trending News

About Tame Times

Tame Communications (known as tameTIMES) was established in 1997. This long-established popular community title includes the key shopping centres:  Alberton City, Mall...

Get in Touch