Manie van Vuuren, bekende inwoner van Alberton het onverwags in Mosselbaai aan ‘n hartaanval gesterf.
Meeste van ons het hom leer ken as die Manie van Sha-Manie. Ons sal hom onthou vir sy “skielik beter met my” as hy jou raakloop of bel.
Manie het na aan God geleef en het gereeld vir jou gebid of Woord gebring wat God op sy hart geplaas het.
Sy heengaan gaan ‘ n groot leemte in die gemeenskap laat asook by Doxa Deo Meyersdal.
Ons dink aan sy gesin: Sharon, Bismark, Quine, Garth, Natasha, Melissa, ons innige simpatie.
SKIELIK BAIE BETER – Gedig deur Andries Erasmus
Skielik baie beter, het jy altyd gesê
Altyd gereed om iets in ander te belê
Jy het geweet hoe om die stof te laat waai
En soos ‘n storm kon jy die wereld omdraai
O blikskottel ou bul
Jy is te vining stil
Die stof het so skielik gaan lê
Daar is soveel wat ons nog vir jou wou sê
Ons is stukkend, verlore en alleen
Maar jy het tog altyd gesê, tyd is net geleen
Kom Madam, kom ons ry, die tyd loop
Dit sou tog nooit einde kry, so het ons gehoop
Skielik baie beter, knetter jou lag
Hierdie is vir ons almal ‘n baie groot slag
Jy’t sowaar deur die hemelse poorte gebars
En jy sing ‘n nuwe lied, so vrolik en vars
Nog een van jou lewenslesse het ons getref
Die lewe is kort, ons het dit weer besef
Jou trane was altyd so vlak
Nou staan ons na trane en snak
Deur jou, het baie van Jesus gehoor
Die wêreld het vir seker ‘n legende verloor
Jou voorbeeld sal vir altyd bly staan
Mag ons hoop tog nooit vergaan
Totsiens beste vriend