tame Times Fresh Approach to local news
Glendower
Glendower
Laerskool Randhart ondersteun vir “Zan the Man”

Laerskool Randhart ondersteun vir “Zan the Man”

Laerskool Randhart het op 6 en 9 November ʼn fondsinsameling vir Zan the Man, ʼn graad 2-leerder wat Duchenne-spierdistrofie het, gehou.

Die Ranties, geklee in groen wat spierdistrofie verteenwoordig, was gretig om aan die Zan the Man-uitdaging deel te neem.  Deur ʼn R100-donasie te gee, kon die leerders en personeel kies om vir 1 minuut te plank en/of om 10 opstote te doen.

Talle leerders was bereid om meer te gee. Maatskappye het ook hierby ingekoop en sodoende het die skoolprojek ook die wyer, omliggende gemeenskap betrek.

Die Ranties het hierdie uitdaging as ʼn opvoedkundige geleentheid beskou om die leerders meer bewus te maak van spierdistrofie.

ʼn Fenomenale bedrag van R75 000 is ingesamel wat op Vrydag 13 November aan die gesin oorhandig is.

Die Ranties het omgee-harte en is opreg dankbaar vir elke personeellid, leerder, ouer en lid van die gemeenskap wat in solidariteit op hierdie besondere wyse ʼn verskil in een van ons leerders se lewe kon maak.

By Laerskool Randhart word ons geleer: “ʼn Sinvolle bestaan spreek van deernis en empatie.  Ons word geleer om op ander se omstandighede te fokus eerder as op ons eie, want daardeur vermenigvuldig ons ons eie lewensvreugde.  Ons word ook geleer dat elkeen se klein bydrae saam ʼn groot verskil in iemand anders se lewe kan maak.”


React

Share

Comments


Trending News

More News

About Tame Times

Tame Communications (known as tameTIMES) was established in 1997. This long-established popular community title includes the key shopping centres:  Alberton City, Mall...

Get in Touch