In Memoriam: Ouma Sarie

In Memoriam: Ouma Sarie

In Memoriam: Ouma Sarie

Ouma Sarie, 22 Maart 1916 – 29 April 2020

 

Mevrou Sara, Susanna Breytenbach van Alberton,  beter bekend as Ouma Sarie wat ‘n 104 jaar oud was, het die 29ste April 2020 haar skepper ontmoet.

Hettie Oelofse, haar dogter, het die volgende geskryf.

Ons moeder, oumatjie en oumagrootjie het verhuis na haar ewige tuiste. Sy was steeds op 104 jaar ‘n merkwaardige mens. Ons was so trots op haar.

Haar optrede was altyd die van ‘n dame tot op die laaste oomblik van haar lewe. Mammie, ons gaan jou handsoentjies mis. Jou maniere so eie aan wie mammie was.

Dankie Here vir U groot genade.

 

Ouma Sarie saam met haar dogters Hettie Oelofse links en Joey Jacobs regs.

 

Hierdie foto is geneem die 25ste Februarie 2020 saam met Ouma Sarie se eerste kleinseun Francois Breytenbach op sy 50ste verjaarsdag.

 

“Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig

sonder fênsie leestekens

sonder woorde wat rym

sonder bywoorde

net sommer

‘n kaalvoet gedig –

 

want jy maak my groot

in jou krom klein handjies

jy beitel my met jou swart oë

en spits woorde

jy draai jou leiklipkop

jy lag en breek my tente op

maar jy offer my elke aand

vir jou Here God

jou moesie oor my enigste telefoon

jou huis my enigste bybel

jou naam my breekwater teen die lewe…”

Antjie Krog

 

Hiermee betuig Tame Times ons innige meegevoel met die familie van Ouma Sarie en hoop hulle sal berusting vind gedurende hierdie hartseer tydperk.


React

Share

Comments


Trending News

More News

About Tame Times

Tame Communications (known as tameTIMES) was established in 1997. This long-established popular community title includes the key shopping centres:  Alberton City, Mall...

Get in Touch