tame Times Fresh Approach to local news
Glendower
Glendower
Huldeblyk aan Me. Pretorius van Hoërskool Alberton

Huldeblyk aan Me. Pretorius van Hoërskool Alberton

Ek skryf vandag oor eer. Die eer wat ek, soos baie ander, gehad het om klas te loop by ‘n merkwaardige onderwyseres, Me. René Pretorius.

Die eerste dag wat ek by Juffrou Otto, soos baie van ons haar leer ken het, se klas ingestap het, was ek so effe aan die bang kant. Ek het gehoor dat sy ‘n vreeslike streng onderwyseres is en dat ek in my spore sal moet trap. Juffou Otto het slegs een klas nodig gehad om ‘n liefde vir haar vakgebied, Ekonomie, by my in te boesem.



Daar is boeke vol wat ek oor haar kan skryf as iemand wie ‘n baie groot, invloedryke rol in my lewe gespeel het. ‘n Goeie onderwyser is absolute goud werd en my standaarde waaraan ek hulle meet is hoog – gedeeltelik omdat ek selfs nou, jare later steeds onderwysers en dosente meet aan die standard wat sy gestel het.

Die dag wat sy verloof geraak het aan Mnr. Johan Pretorius, het ons ‘n nuwe sprankel in haar oë gesien. Selfs groter as die sprankel wat ons kon sien wanneer sy aan die einde van saalopening vir die leerlinge van Hoërskool Alberton ABBA of Queen gespeel het om ons uit die saal te begelei.



Me. Pretorius het vir ons baie meer as Ekonomie geleer. Ons het lewenslesse by haar geleer. Ons het “tips” oor allerlei dinge wat die lewe later na ons kant sou gooi, by haar gekry. Sy het haar leerlinge gedruk om beter te presteer en nooit ‘n leerling verneder nie. Ons boeke moes almal dieselfde lyk, sodat sy nie kon onderskei tussen leerlinge wanneer sy ons werk gemerk het nie. Nooit was daar ‘n klas waar ek haar ooit hoor skreeu het op leerlinge nie – sy het dit gelos vir die sportveld waar sy ons met ywer ondersteun het.

Ek sou later die eer hê om aan lesers oor te dra wat ek by haar geleer het deur per geleentheid van haar “tips” te publiseer. Vandag het ek die eer om hulde te bring aan ‘n fenomenale vrou en fantastiese onderwyseres.

Rus in vrede Juffrou, dit sal altyd ‘n eer bly.

Monica L Supra


React

Share

Comments


Trending News

More News

About Tame Times

Tame Communications (known as tameTIMES) was established in 1997. This long-established popular community title includes the key shopping centres:  Alberton City, Mall...

Get in Touch