Die Afrikaanse taal

Die Afrikaanse taal

Die Afrikaanse taal

Op die 5de Mei 1925 het Afrikaans ‘n amptelike taal geword in Suid Afrika.

Die geskiedenis van Afrikaans is ‘n ryk en ingewikkelde verhaal.

Afrikaans is ‘n Kreoolse taal wat tydens die 19de eeu ontwikkel het.

Die meerderheid van die  Afrikaanse taal kom in Nederlands voor, en die res bestaan uit ‘n mengsel van Maleis, Portugees,  Indonesies en die inheemse Khoi- Khoin en San tale.

In die 19de eeu het Afrikaans met Engels en die tale van die verskillende swart stamme in aanraking gekom.

Al hierdie tale het ‘n rol gespeel in die ontwikkeling van Afrikaans.

 

Daar is drie verskillende dialekte in Afrikaans.

 

Kaapse Afrikaans, wat beïnvloed is deur die taal van Maleise slawe wat hierheen gekom het om op

suiker plantasies te werk. Oranjerivier Afrikaans, wat beïnvloed was deur die Khoi-tale.

Die derde dialek, Oos-Kaapse Afrikaans,  het ontstaan as gevolg van kontak tussen Nederlandse

en Engelse setlaars, en die Xhosa-stamme van die Suid en Oos-Kaapse gebiede.

 

 

Belangrike datums in die geskiedenis van Afrikaans .

 

Die jaar 1595 was die begin van die Afrikaanse taal. Dit is eers deur die Khoi-Khoin ontwikkel

om met die seevaarders te kan kommunikeer sodat hulle kon handel dryf.

Afrikaans was gebore uit die behoefte om met verskillende kulture te kan kommunikeer.

 

In 1860 het die Moslem gemeenskap in die Bo-Kaap ‘n skool gestig. Fragmente van ‘n ou oefenboek

wat gevind is, bevat woorde wat geskryf is in die Kaap-Maleise dialek.

 

In 1866 het Afrikaans sy naam gekry.  Arnoldus Pannevis, ‘n onderwyser van ‘n Nederlandse skool in die

Paarl, het besef dat die taal wat die mense besig was om te praat  te ver verwyderd was van Nederlands.

Hy het dit Afrikaans genoem.

 

In 1914 was Afrikaans amptelik in gebruik geneem as ‘n onderrigtaal op skoolvlak.

 

Voor 1925 was Afrikaans beskou as deel van Nederlands, en die amptelike tale van Suid- Afrika was Engels en Nederlands.

 

In 1925 het Afrikaans ‘n amptelik taal geword.

 

In 1994 word Afrikaans deel van die elf amptelike tale van Suid Afrika.

In 1931 het Afrikaans sy stempel begin afdruk in die film en musiekbedryf, met die maak van die Afrikaanse film “Moedertjie”, en liedjies deur Chris Blignaut,  wat bekendheid verwerf het met treffers soos Ou Ryperd

Op 27 Oktober 1932 is die eerste Afrikaanse uitspraak in die Appèlhof in Bloemfontein gemaak.

 

Die Afrikaanse vertaling van die Bybel is in 1933 gepubliseer.

Bron: Afrikaans.com


React

Share

Comments


Trending News

More News

About Tame Times

Providing readers with informative and exciting news, tame TIMES is the fastest growing independent newspaper stable servicing Johannesburg South and Ekurhuleni areas....

Get in Touch