tame Times Fresh Approach to local news
Glendower
Glendower
  • Home
  • Covid-19
  • Afrikaanse akteur Lieb Bester oorlede na stryd met virus
Afrikaanse akteur Lieb Bester oorlede na stryd met virus

Afrikaanse akteur Lieb Bester oorlede na stryd met virus

Die baie geliefde veteraanakteur, Lieb Bester het Woensdagoggend sy stryd teen die virus verloor.  Hy was 72 jaar oud.  Hy het die laaste ruk met sy gesondheid gesukkel en is vroeër die maand opgeneem in die hospitaal nadat hy ‘n terugslag beleef het.  Hy het ook reeds verlede maand positief getoets vir Covid-19.

Ds. André Bester het vanoggend bevestig dat sy jonger broer omstreeks halfses vanoggend oorlede is. “Hy het rustig gegaan”

“Ek dink nie hy het gedink hy gaan sterf nie; hy het net hierdie ontsettende dankbaarheid gehad vir die dokters en die hospitaal en die mense.  Hy het aanhou sê hoeveel engele daar op aarde is” het Bester gesê.

Andre sê hy het rustigheid oor sy broer se dood.  Lieb was sedert hul pa se dood jare gelede vir hom soos ‘n pa en hy het die afgelope paar jaar by André en sy gesin gewoon.

Die gesin se verlies word gedeel deur die duisende Suid-Afrikaners wat Lieb Bester as akteur en deesdae ook as TV-aanbieder geken het.

Lieb was veral bekend vir sy rol as “prof. Fritz” in die sepie Villa Rosa en is benoem in die katergorie sepie-akteur van die jaar in die Tempo-toekennings ‘n paar jaar gelede.  Hy het ook gespeel in Agter elke man en Spoorloos, en was ‘n veldaanbieder vir die TV-program Met ‘n huppel in die stap.  Lieb het daarbenewens in verskeie rolprente gespeel.

Hy kon ook die konsertina, trekklavier en kitaar aan die brand speel.

Boodskappe van medelye het reeds begin instroom en hy is uit velerlei oorde as “legende” bestempel.

Die sanger, akteur en aktivis Steve Hofmeyr sê Lieb was sy kinderheld.

Die modeontwerper Simon Rademan het ook sy medelye met Lieb se familie betuig.  “Life was so good with you in it, kind Sir”, het hy geskryf.

Lieb Bester laat sy broer, André, skoonsuster en twee broerskinders agter.  Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.


React

Share

Comments


Trending News

More News

About Tame Times

Tame Communications (known as tameTIMES) was established in 1997. This long-established popular community title includes the key shopping centres:  Alberton City, Mall...

Get in Touch