Alberton News School

‘N Hittige aflos om die seisoen mee af te skop

Met die gure weer wat verlede week se tuisbyeenkoms gekelder het, was dit gister die eerste geleentheid hierdie jaar om van ons atlete in aksie teen ander skole te sien.

Die aflosbyeenkoms by Alberton High is altyd ‘n gewilde een en het soos oudergewoonte gesorg vir baie drama in die middagson.

Die Ranties was een van sewe skole wat deelgeneem het. Die ander was Alberton Primary, Alberview Primary, Bracken Primary, General Alberts Primary, Kenton Primary en Laerskool Orion. Met agt punte op die spel vir ‘n eerste plek en slegs twee vir die laaste plek, was die kompetisie om in die top drie te eindig met elke resies intens.

Van die 0/9-dogters al die pad deur na die 0/13-seuns het deelgeneem. Daar was verskeie pragvertonings gewees en die afrigters sou ook mooi gesien het waar om nog bietjie slypwerk te doen voor die Interlaer wat op 14 Februarie by General Alberts Primary plaasvind.

Ons dogterspan eindig algeheel derde met die seuns wat as die beste seunsspan aangewys is. Die Ranties eindig algeheel tweede met Alberton Primary wat die dag se byeenkoms gewen het met 1 punt.

Een van die hoogtepunte van die dag was die ‘continuous relay’ waarin die Ranties ‘n puik oorwinning behaal het. Hulle het deur die loop van die wedren twee skole ingehaal en het met bykans 150 meter die wedren op ʼn indrukwekkende wyse gewen.

Baie geluk aan al ons atlete.

Vrydag is ons volgende tuisbyeenkoms waar ons Laerskool Fairland, Midvaal en Jeugpark gaan verwelkom. Jeugpark staan bekend as een van die land se top hekkies-laerskole. Die byeenkoms begin om 14:30.

Sien julle langs die baan.

About the author

Garin Joemath

Garin Joemath, born and raised in Johannesburg, is an Editor at a local community newspaper called the tame TIMES for 3 years now.

Add Comment

Click here to post a comment