Being Locked-down in Myanmar

Wanderlust vloei deur ons are!  Ons ouers het SA toe geemigreer in 1958.  Dit het hul 4 dae geneem om per vliegtuig van Duitsland na Johannesburg te vlieg.  So beplan ons Myanmar met sy temples – Japan met sy bloeisels – en ek las Amsterdam met my dogter en tulpe aan.

‘n Sagte gerommel en brom was hoorbaar so ‘n paar dae voor ons vertrek. Corona, Wuhan, virus.  Daar was net ‘n paar gevalle in SA toe ons 3 vertrek het die 12de Maart.  ‘n Vriendin wat vir ‘n groot farmaseutiese firma werk, my broer ‘n skoolhoof en ek.  Daar was geen waarskuwing van die farmaseutiese firma(medies) dat ons nie moet reis nie.  Die eerste week hou ons die nuus met valkoë dop.  Ons vlieg kaartjies na Japan word na ‘n week in Myanmar gekanselleer.   Ons koop onmiddelik kaartjies terug na SA toe vir 26 Maart.  Die 24ste Maart 5vm hoor ons van die inperking wat die 27ste Maart begin.  Ons koop onmiddelik nog kaartjies terug vir die 24ste Maart.  Thai Air na Bangkok en dan terug met Ethiopian Air.  Kaartjie pryse het oornag vir drie dubbel. Ons vlieg terug van Inle Lake na Yangon toe.  Ons gaan haal ons bagasie wat gestoor was by die hotel en gaan weer lughawe toe.

Thai Air het ‘n nuwe reel ingebring.  Elke passasiers moet ‘n ‘Fit to Fligh’ en ‘n Covit sertifikaat hê.  Die reel het net gestaan vir die 24ste Maart.  Myanmar het nog geen gevalle en geen toetse word gedoen nie.  Ons hoop ons kan dan nog moontlik die volgende dag vlieg met ‘n ander lugredery.  Die volgende dag sluit SA hul lugruim en so word duisende SA burgers in die buiteland gestrand.  Ons besef ons moet dadelik vir ons ander verblyf soek om kostes so laag as moontlik te hou.  Ons kry ‘n Airbnb woonstel.  Dit is erg minimalisties. 3 slaapkamers met ‘n bed in, sitkamer stelletjie en 3 plastiese stoele.  ‘n Klein kombuis met minimum toebehore.  Die plek het n balkon en groot vensters en is op die 17de verdieping.

Ons is geseënd!  Kos is bekostigbaar.  Vark, vis en hoender met baie vars groente en vrugte.  Xenefobia in ons gebou is onmiddelik aanvoelbaar.  Elke keer as ons uit gaan vir kos of oefen kry ons ‘n oproep van ons landlord, Maverick. Asb ons moet nie uitgaan nie.  Die mense is bang vir ons.  Hy sê ons moet registreer by die stadsraad anders kan hul ons uitsit.  Sondag 29 Maart kom die gesondheid departement ons besoek.  Ons koors word gemeet. 2 April word ons ingelig dat ons onder kwarentyn geplaas word.  Hul sluit ons in die woonstel toe met n groot slot.  Die verpleegsters kom daagliks ons koors meet en monitor ons gesondheid.  Uiteindelik word ons weer vry gelaat.  Ons visums moet verleng word.  Mavirick help ons ongelooflik baie.  Hy ry ons op en af na die emigration kantoor en die 5de keer daar kry ons uiteindelik ons verlenging.  Ons kan nog 90 dae wettig in die land bly.  Na weke se spanning of ons wel in die woonstel kan bly kom die stadsraad amptenare ons besoek en ons kry ons 3 stempels.   Ons is nou wetting in die woonstel ook.  Ons stap gereeld na die supermark toe 4,8km, ons oefen, my broer werk voluit, ons hou onsself besig. Vir 5 weke het ons emosies wipplank gery.  Ons het gestress, ons was bang, ons was kwaad en ons was verlig en bly. Op die stadium is ons veilig.  Die mense aanvaar ons nou.  Ons bid dat ons gehaal sal word!  Ons verlang na ons families en ons vriende.  Maar veral na die bekende!  Ons verlang na Suid Afrika ons tuiste.

wp-content/uploads/2020/05/Maymar-Visvang.jpg

Trending News

About Tame Times

Providing readers with informative and exciting news, tame TIMES is the fastest growing independent newspaper stable servicing Johannesburg South and Ekurhuleni areas....

Get in Touch